5 maande gelede
Lede van Fawu strike oor te min verhoging
ONGELUKKIG: Werkers staak by die Ingrain-fabriek in Kasselsvlei.  ~ Foto Verskaf

LEDE van die Food and Allied Workers’ Union (Fawu) het landwyd gestaak by Ingrain, voorheen Tongaat-Hulett.

Talle lede het gister by Ingrain in Kasselsvlei gestrike terwyl onderhandelinge aan die gang is.

’n Shop steward, Michael Ngamntwini, het gister aan Son gesê hulle wil ’n verhoging van 15% hê, maar die maatskappy bied hulle slegs 3,5% aan.

“Die senior bestuur van die maatskappy kry verhogings en ons mense kry min geld.”

Fawu het in ’n verklaring gesê die twee partye kon nie ’n ooreenkoms bereik nie.

Respekteer

“Ons werkers wil ook ’n huistoelaag, ’n Covid-19-toelaag vir vlak 4 en 5, gesondheidsversekering en ’n werkersaandeleskema hê.”

By die hoofkantoor in Johannesburg het iemand van menslike hulpbronne gesê hulle respekteer die werkers se eise, maar die regte persoon om mee te praat is nie beskikbaar nie.

Fawu sê voorts die Covid-19-pandemie het moeilike omstandighede tot gevolg gehad en hulle wil met dié eise die werkers se lewenstandaard verbeter.

“As gevolg van die pandemie is die werkers se lewens uitmekaargeruk.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters