12 dae gelede
Lawyer se vermeende skieters soek regshulp
nie beïndruk: ­William Booth sê sy kliënt is onwettig gearresteer. Foto:peter abrahams  ~ 

DIE vyf mense wat vir die mislukte sluip-aanval op William Booth hof loop, soek Legal Aid.

Die saak teen Kauthar Brown (35), Ebrahim Deare (36), Riyaad Gesant (32), Kim Smith (32) en Igsaan Williams (57) het Vrydag in hul afwesigheid by die Kaapstad-landdroshof plaasgevind.

Hulle staan tereg op klagtes van poging tot moord, besit van vuurwapen en vyf klagtes wat gepaardgaan met die oortreding van die wet op rampbestuur.

Die staat beweer die vyf is verantwoordelik vir die aanval op William Booth, ’n bekende criminal lawyer in Kaapstad.

Booth, het op 9 April in sy garage by sy huis in Higgovale, in Kaapstad gestaan, toe twee gewapende mans met maskers - wat bedoel is om jou teen Covid-19 te beskerm - op hom begin losbrand.

Hy kon agter die wiel van sy vrou se kar sit toe daar op hom geskiet word en is nie in die aanval gewond nie.

Die vyftal is op CCTV kamera-footage uitgelig. 

Volgens Eric Ntabazalila, ’n woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag het die saak sonder die beskuldigde voortgegaan in gevolge met die nasionale rampbestuur regulasies. 

“Die saak is in hul afwesigheid uitgestel om Legal Aid vir al die beskuldigdes behalwe Williams aan te stel.”

Dit is nog nie seker of Williams ’n private lawyer wil aanstel nie.

Die saak is weer volgende Vrydag in die hof. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters