Verlede maand
Lawyer oorleef sluipmoord aanval
willem booth
Die toneel buite adv. Willem Booth se huis. Foto: Peter Abrahams  ~ 

DIE BEKENDE kriminele prokureur, William Booth, het Donderdagoggend vroeg 'n sluip-aanval op sy lewe oorleef.

Hy was in sy garage by sy huis in Higgovale, in Kaapstad, toe twee gewapende mans met maskers - wat bedoel is om jou teen Covid-19 te beskerm - op hom begin losbrand.

Booth het agter die wiel van sy vrou se kar gesit toe daar op hom geskiet word.

Lt.kol. Andre Traut, 'n polisiewoordvoerder, bevestig die skietvoorval.

"Die omstandighede rondom 'n poging tot moordsaak word ondersoek. Dit kom na 'n voorval Donderdagoggend omstreeks 07:30 by 'n prokureur se huis in Hoggovale.

"Twee gewapende verdagtes met maskers op het op die slagoffer losgebrand. Hul poging het gelukkig misluk."

Traut noem dat die verdagtes van die toneel gevlug het en niemand is nog gearresteer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters