Verlede maand
Lawyer in hof op vyf aanklagte van bedrog
'n 69-jarige prokureur loop hof vir bedrog.  ~ Foto: verskaf / ter illustrasie

’N PROKUREUR (69) van Kaapstad is diep in die sop en sal op 29 September in Bellville se gespesialiseerde kommersiële-misdaadhof verskyn op vyf aanklagte van bedrog.

Die Valke se eenheid teen kommersiële misdaad het die prokureur ondersoek vir beweerde bedrog van R1,4 miljoen. Die bewering is dat hy die bedrog gepleeg het terwyl hy nog gepraktiseer het.

Gesluit

Volgens Zinzi Hani, ’n woordvoerder van die Valke, het die prokureur na bewering in Junie 2008 en Julie 2009 geld van sy kliënte wat vir oordragkoste betaal is in sy persoonlike trust-rekening inbetaal.

Hy het sy praktyk in Augustus 2009 gesluit sonder om die kliënte terug te betaal.

Daar word ook beweer dat hy die geld persoonlik gebruik het. Hy is intussen van die rol geskrap.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters