Verlede maand
Lawyer diep in die bollie
BEWYSE: Waleed Abrahams sê hy het vir kameras gesoek toe die drama hom afspeel. Foto: Jonathan Lestrade  ~ 

GUILTY as charged?

’n Lawyer van Athlone is Maandag deur sy vrou met ’n ander vrou in sy kar gevang.

Toe bars die hel los. En nie lank daarna nie het ’n video van die hele moerdery viral gegaan.

Die voorval het ’n hanetree van die man se ouerhuis en voor ’n skare in Athlone plaasgevind.

In die video, wat soos ’n scene uit die program Cheaters lyk, kan ’n mens duidelik sien en hoor hoe vroulief briesend die lawyer as ’n “getroude n****r” uitkryt.

Sy skreeu dat haar man uit die kar moet klim terwyl hy vra dat mense nie video’s maak nie.

aksie: ’n Lawyer se vrou gee haar misnoeë duidelik te kenne op die toneel.FOTO VERSKAF

Die vrou smyt dan haar man se dokumente uit die wit kar en gaan vreeslik aan die skel.

Die man klim uit die driver’s seat en begin die dokumente optel.

Die vrou kan ook gesien word waar sy haar man se toga uit die kar gooi.

Hy maak hom dan eerder uit die voete.

Dis dan dat die woedende vrou haar na die ander vrou in die kar draai en haar begin moer.

Waleed Abrahams (32), ’n car guard wat gehelp het om die fight op die bloue Maandag te stop, sê alles het taamlik vinnig gebeur.

“Yo! Sy is lekker gemoer, terwyl die man huis toe geloop het.”

Volgens Abrahams, wat maar altyd daar rondhang, is dit die eerste keer dat hy die couple daar sien.

Abrahams verduidelik dat die missus saam met ’n familielid gaan shopping doen het, toe sy haar man saam met ’n vrou in sy kar opmerk.

“Hulle het ’n ent van die kar gestop en sy het toe nader gestap. Dis toe alles gebeur het.”

Abrahams sê die ander vrou se rokkie was erg kort.

‘Vet jintoe’

“Jy kon als sien. Jy weet ... haar private parts,” voeg hy half skamerig by.

In die video kan jy ook hoor hoe die lawyer se vrou die ander vrou ’n “vet jintoe” noem.

Abrahams sê daai woorde was vir hom heel funny.

Hy sê: “Maar toe ’n man die vrou met die mini begin aanpak, het ek ingemeng.”

Abrahams sê verder die hele gedoente was vir hom net soos “daai Cheaters-program” op TV, maar sonder al die groot kameras.

“Maar hy is ’n onnooslik om met ’n ander vrou te park.”

Son het die lawyer genader, maar hy wou nie kommentaar lewer nie.

Al wat hy gesê het, is hy het niks verkeerds gedoen nie. “Ek het nie gevloek of baklei nie en maar net weg van die scene af geloop.”

Hy sê als is nou weer all right.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters