Verlede maand
Lavender Kill buite beheer
Jamie-Lee JonkersFoto’s verskaf  ~ 

LAVENDER Hill is ’n rooi sone.

Dít nadat drie mense binne 24 uur koelbloedig in die area afgemaai is.

In die jongste voorval is ’n 44-jarige man net bekend as Mikey gister omstreeks 12:15 in Militaryweg geskiet.

Hy is verskeie kere getref en is op die toneel dood.

Kort voor dié moord is Rozario Benjamin (21) Dinsdagaand in ’n drive-by-shooting in Hill View afgemaai.

Hy is drie keer in die bors getref, twee keer in die kop en een keer in die arm.

Benjamin en sy susters se twee jong seuns het buite in die jaart gestaan toe ’n motor voor hulle huis stop.

Die jongens het vanuit die motor op hom losgebrand.

Hy het neergeval toe die eerste koeël hom in die kop tref.

Die jongens het daarna uit die motor geklim en hom verder vol lood gepomp.

Benjamin is met die ambulans na die Retreat-daghospitaal geneem, maar hy het op pad daarheen gesterf.

Volgens sy grootmaakma, Sadia Adams (60), het Benjamin laas Woensdag na sy biologiese ma in Hill View gegaan.

’n Geskokte Adams sê: “Ek voel so sleg oor wat met hom gebeur het.

“Ek het vir hom gesê hy moet na sy ma in Hill View gaan, want ek is siek.

“Ek het Dinsdagoggend gebel om te hoor of hy oukei is. Hulle het toe vir my gesê daar is weer op hom geskiet.

“Dinsdagaand was die derde keer dat hulle op hom geskiet het. Hy was nie ’n gangster nie, want daar is niks bende-tatoeëermerke op sy lyf nie.

“Hy het met almal gepraat en ek het hom gewaarsku dat dit nog sy dood gaan veroorsaak.”

Vrees

Son het gister berig dat Jamie-Lee Jonkers (13) ook Dinsdagoggend in Sea Winds in haar ouerhuis doodgeskiet is.

Rozario Benjamin
Hartseer: Sadia Adams (60) sê haar grootmaakseun, Rozario Benjamin (21), was nie ’n gangster nie. Foto: JONATHAN LESTRADE
MOORDTONEEL: ’n Man net bekend as “Mikey” is gister helderoordag in Lavender Hill doodgeskiet.Foto: LEON KNIPE

Volgens Edwina Emery, ’n inwoner van Hill View, is daar Sondagaand ook ’n man in Hill View doodgeskiet en nog een gewond.

Vier vroue is ook Sondagoggend in dieselfde area gewond.

Emery sê: “Ons woon in vrees en ’n mens kan nie eens buite loop sonder om oor jou skouer te loer nie.”

Volgens Dan Plato, minister van gemeenskapsveiligheid, is die situasie buite die polisie se beheer en ’n ekstra mag word benodig om die bendegeweld te stop.

“Ons het verlede week met senior polisielede vergader oor die bendegeweld in die gebied.

“Die base camp van Operasie Thunder wat in Lavender Hill gestasioneer is, help nie eens nie.”

Kerkleiers beoog ook om Sondag ’n optog teen die bendegeweld te hou.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters