3 maande gelede
#KYK: Langnaweek begin met 'n treinbrand
treinbrand
Twee treinwaens is in die brand by Van der Stel-treinstasie beskadig.  ~ Facebook

DIE treindiens in die Wes-Kaap is kort voor die begin van die naweek deur nog 'n treinbrand-voorval geraak.

Twee treinwaens het kort na die begin van die Donderdagmiddag-spitstyd by Van der Stel-treinstasie op die Noordelike voorstede lyn van Metrorail gebrand.

Daar blyk nie enige beserings te wees in die voorval nie en die oorsaak van die brand is nog onbekend.

Metrorail sê alle Strand treine sal voorlopige, weens die brand, net tot op Firgrove-treinstasie ry. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters