8 maande gelede
Laitie (17) ry sesjarige kid dood
Justin Julies (6)FOTO VERSKAF  ~ 

’N AANKLAG van strafbare manslag staar ’n laitie van Tafelsig in die gesig.

Dis omdat hy na bewering ’n sesjarige kind, Justin Julies, doodgery het.

Die 17-jarige seun wat sy pa se grys Toyota Condor bestuur het, het nie ’n rybewys nie.

Die ongeluk het Saterdag om en by 12:40 in Amsterdam­straat in Tafelsig plaasgevind.

Justin se ouma, Hilda (57), sê hy het stokkies op die sypaadjie opgetel.

Hilda sê: “Die seun moes net die vên se battery gechange­ het, maar toe vat hy dit vir ’n drive.

Fiets

“Die vên het bo-op Justin geland. Hy het ernstige kop­beserings opgedoen en daar was ’n diep sny aan sy maag. Hy is op die toneel dood.”

Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig dat die verdagte nie ’n rybewys het nie.

  • Ook Saterdag is ’n 12-jarige seun op ’n fiets in Toplan­straat in Delft omgery.

’n Inwoner, Bernard May, sê die seun het kopbeserings en beserings aan sy been opgedoen.

May sê hy is na die Delft-daghospitaal geneem en daarvandaan na die Tygerberg-hospitaal oorgeplaas.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters