2 maande gelede
Lafenis kom
relax: Kapenaars kan nou ’n bietjie meer water drink, maar word aangemoedig om steeds spaarsamig te wees..Foto: jonathan lestrade  ~ 

KAPENAARS gaan van die begin van volgende maand af darem ’n bietjie meer water hê om hulle dors te les.

Nog goeie nuus is dat inwoners ook minder vir dié skaars kommoditeit gaan betaal.

Die Stad Kaapstad het gister aangekondig waterbeperkings gaan van 1 Oktober af van level 6B na level 5 verlaag word.

Dit beteken elke persoon sal dan 20 F meer water per dag kan gebruik.

Maar onthou, dié water is net vir was, drink en kook.

Jy sal steeds nie goed kan doen soos jou kar was, jou tuin natlei of met drinkwater in play pools speel nie.

Dié besluit kom ná goeie reën die afgelope winter wat damvlakke in die Stad en oor die provinsie tot net onder 70% laat styg het.

Volgens Kaapstad se adjunk-burgemeester, Ian Neilson, het die waterbesparings deur die inwoners ook bygedra.

Geklop

Neilson sê: “Die Stad het tydens die ergste periode van die waterkrisis ’n ooreenkoms met besig­hede en inwoners bereik.

“Ons het saamgestem om die droogte saam aan te pak – en saam het ons die krisis geklop.”

Volgens Neilson sal beperkings geleidelik gelig word. Hy sê hulle gaan die watersituasie verder goed bestuur om nog ’n krisis weens vermorsing te voorkom.

Die damme lyk tans aansienlik beter as aan die einde van die vorige winter, toe hulle net 38% vol was.

“Tariewe sal met tussen 26,6% en 70% daal. Dit hang af van op watter tarief jy tans is.”

Neilson sê waterverskaffing is nie vir die Stad ’n geldmaakstorie nie. Die beperkings hang eerder af van die damvlakke. Die tariewe hang op hulle beurt af van hoeveel water verbruik word.

Ál die Kapenaars met wie Son gister gepraat het, sê hulle gaan aanhou om water te bespaar.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters