10 dae gelede
Laerskoolkinders teister en dreig hul onnies
Berading: Edward Primêr het die highlight in die sosiale media geraak.  ~ Jonathan Lestrade

ONNIES is geskok oor leerders se “gangster-gedrag.” In ’n video wat onlangs in die sosiale media viral gegaan het, sien ’n mens hoe laities hulle sterkgevreet hou met onderwysers.

In die video teister drie graad 4- en graad 7-laities van die Primêre Skool Edward in Elsiesrivier die juffrou en gaan so ver om dreigemente aan haar te maak.

Die juffrou vra dan die kind om weer te spoeg soos tevore, maar kry dan ’n verbale beat­ing van die kind.

“Ek kan ma’ in ’n video is. Sit dit op Facebook. Jou gevriet gat ek jump. Jy’s in jou ma se p**s, jy sal ge-uber word huis toe,” sê die kinders deur die venster.

Ontwrigtend

Toe Son gister die skool besoek, het die prinsipaal net bevestig dat hy bewus is van die video, maar sê toe dat hy nie verder kommentaar kan lewer nie.

Bronagh Hammond, ’n woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, sê die voorval het einde Oktober plaasgevind in skoolure.

“Die leerders loop uit die klas sonder toestemming en is ontwrigtend.

“Die een leerder is tans geskors, maar loop steeds skool, die ander het almal in dissiplinêre verhore gesit.”

Hammond sê die dreigemente aan die onderwyser is heeltemal onvanpas.

“Die graad 4- en 7-leerders het ’n geskiedenis van swak dissipline.

“Die onderwyser en leerders sal almal berading kry,” sê sy.

Onderwysers wat op ’n basis van anonimiteit gepraat het, sê mense besef nie waardeur onderwysers gaan nie.

“Dis dinge wat ons daagliks moet ervaar. Kinders wat nie die fondament van respek ken nie, weet jy, jou assebliefs en dankies.”

Die onderwyser verduidelik ook dat die kinders nie te blameer is nie.

“Ons verstaan hoekom die meeste van hulle so reageer. Dis omdat hulle nie eens die tipe basiese support in hulle huise het nie.

“Jy kan nou vir enige onderwyser vra, hulle sal antwoord: Ons plig is om saam die kinders te werk, deur die sware tyd.

“Ons is hier om saam met hulle te stap, om values saam met hulle te deel en ook om met die values te leef.”

Nog ’n onderwyser stem saam, maar sê dis in oomblikke soos in dié video dat dit moeilik vir hulle is.

“Daar is kinders wat net nie wil luister nie. Die tipe waardes wat ons hulle leer, is dinge wat oor ’n lang termyn moet plaasvind, maar sommige van die kinders re­spekteer nie ons tyd nie en dis iets wat aan jou kan eet.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters