15 dae gelede
Laatnagvuur lei glo tot verwoestende inferno
PUIN: Sowat 30 mense sit ná die verwoestende brand sonder ’n heenkome.  ~ Ian Baard

ONGEVEER 30 mense van agt huisgesinne in die plakkerskamp Beverly Hills in Onverwachtstraat in die Strand is dakloos gelaat nadat ’n brand hul huise in puin gelê het.

Die voorval het Woensdag omstreeks 02:30 plaasgevind. Die oorsaak van die brand kon nog nie bepaal word nie.

Mense beweer egter ’n jong klong het in die nag vuur gemaak en dít kon die brand veroorsaak het.

Caliban Botha, voorsitter van die gemeenskap se komitee, sê die mense het alles in die brand verloor.

Hy vertel toe hy wakker skrik, was die vlamme op hom.

Botha sê hy woon al 20 jaar in dié area.

Dispuut

Hy is veronderstel om na die nuwe Allan Boesak Vil­lage te trek waar Hop-huise vir hulle gebou word.

Hulle was veronderstel om die einde van die maand by hul nuwe huise in te trek, maar niks is nog gebou nie omdat daar ’n dispuut is met die mense wat op die grond bly.

Botha sê ook verskeie kinders het ál hul skoolklere en -boeke verloor.

Terwyl Son gister op die toneel was, was die rampbestuurspan van die Stad Kaapstad ook op die toneel om die slagoffers met boumateriaal by te staan.

Daar was ook verskeie mense wat tussen die as gekrap het op soek na koper en ander metale wat hulle by die scrap­yard kan gaan verkoop.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters