Verlede maand
KYK: ‘Voëlwind' waai nie geloof weg
verwoes
VERWOES: ’n Warrelwind soos min het John en Felicity Smith van Wesbank sonder ’n huisdak gelaat.  ~ Jonathan Lestrade

’N PASTOOR-EGPAAR van Wesbank, Kaapstad, staan nog sterk in hul geloof nadat ’n woeste warrelwind “in die vorm van ’n groot voël” hulle byna dakloos gelaat het.

John en Felicity Smith van die Prophetic Ministries sê dit is ’n wonderwerk dat hul kinders en kleinkinders nie beseer is nie.

“Ek kyk bedags na my ma in Belhar en was nie hier toe die voorval Maandagmiddag gebeur het nie.

Tornado

“My kinders het my ’n please call me gestuur. Toe ek bel, het hulle my vertel wat gebeur het,” sê Felicity.

Volgens die kinders (jeugdiges en kleinkinders) het hulle gesit en TV kyk toe die huis begin ruk.

“Hulle sê dit het geklink en gevoel soos ’n trok wat omslaan. Hulle het toe by die huis uitgehol en gesien ’n warrelwind wat amper soos ’n tornado lyk, draai om die huis. Die dak­plate het in die wind gewaai.”

Smith sê volgens haar jongste dogter het die wind die vorm van ’n groot voel ingeneem wat op die dak rus.

Die wind het net gerus op dié huis wat in die middel van ’n singel is. Toe die wind klaar verwoesting gesaai het, is die wind glo straataf waar hy eers om die Smiths se kleinseun gedraai het.

“Ná hom is my eie klong, wat onder in die straat gespeel het, toe in die wind vasgevang. Hy sê die wind het spesifiek vir hom gekom.”

John het op dié dag ’n plumbing job in Mitchells Plain gehad en toe sy apostel besoek.

“Die dak in die kinders se kamer is heeltemal weg. Die res van die huis se dak het oral gate in.

“Ek weet nie hoekom die warrelwind spesifiek net op my huis kom rus het nie.

“Soos dit vir my klink, het die duiwel self kom besoek aflê.”

Die egpaar is op 15 Desember ’n jaar in hul eie ministry.

“Hulle sê ten spyte van die voorval is hul geloof in God nog onwrikbaar en hulle druk deur.

Help

Rdl. Ebrahim Sawant sê hy het van die voorval gehoor.

“As inwoners ’n title deed vir die huis het, is hulle self verantwoordelik vir die regmaak daarvan. ’n Mens het eintlik huisversekering nodig om voorbereid te wees op natuurrampe.”

Sawant het egter beloof om die egpaar te help.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters