2 maande gelede
KYK: Suksesvolle Eid

“AL VOEL Eid nie dieselfde soos ander jare nie, sal tradisie nooit fade nie.”

Moslems het gister Eid al-Adha gevier en al kon hulle nie soos twee jaar gelede saam met hul geliefdes die geleentheid vier nie, het hulle steeds seker gemaak om die Qurbaan (’n opoffering) aan Allah te maak.

In Parkwood het die Moulanas bymekaargekom om 12 skape by die Abrahams-gesin te slag.

Moulana Igshaan Diedericks verduidelik dat hulle dit vir hul geloof doen.

“Dis nes Abraham sy seun Ismael wou offer, maar toe voorsien God ’n skaap.”

Diedericks verduidelik dat dit vir hulle ’n baie heilige tyd is.

“Gewoonlik is dit ’n dag waar familie hulself enjoy en liefde deel, maar met die pandemie kan ons dit nie doen nie.

“Veral met die sacrifice. Ons almal kom gewoonlik saam vir die heilige oomblik, maar ons kan dit nie meer só doen nie.

“Dan is daar ook die financial omstandighede wat deur die pandemie veroorsaak is. Gewoonlik kon elke familie ’n skaap sacrifice, maar nou kan ons mense nie meer so koop nie.

“Maar ons sê dankie vir Allah dat ons steeds die seremonie kan doen.”

Son is genooi om ook die seremonie by te woon.

En nes dit vantevore verduidelik is, raak die skaap wat geslag word kalm terwyl daar ’n taqbir (gebed) gedoen word.

Dis in dié oomblik dat die moulana die skaap vir die offerande slag.

eid
Offer: Daar is gister 12 skape by die Abrahams-gesin geslag.

Moulana Nazeem de Beer verduidelik dat die skaap dan skoongemaak word, waarna dit na ’n slaghuis geneem word waar dit verder verwerk en onder inwoners verdeel word.

Terwyl die manne besig was om die seremonie uit te voer, was die vroue hard in die kombuis besig om kos te maak.

Claudine Johnson was aan die bak terwyl Mishka Abrahams gekook het.

Die twee vertel dat hulle dit baie geniet.

skape
Qurbani: Altesaam 12 skape is in die geloof geslag.

Johnson verduidelik: “Die beste deel is om te sien hoe die mense ons kos geniet.”

Ná die seremonie is die gemeenskap sommer ordentlik getreat.

  • wens ál sy Moslem-lesers Eid Mubarak toe en mag Allah al jul Qurbani en Ibadaat aanvaar.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters