28 dae gelede
KYK: Skarminkel gryp masiet se mic en vat pad
ONBESKAAMD: Dié kalant het sonder skaamte daar uitgeloop. FOTO Verskaf  ~ 

’N VERMEENDE dief het ’n masiet se stem stil gesteel.

Daar is Woensdag by die masiet in Tennysonstraat, Soutrivier, ingebreek.

Die mikrofoon is helder oordag gesteel. Die mikrofoon word gebruik om Moslems na die gebed te roep.

Volgens ’n ingeligte was daar niemand in die minaret (die toring waaruit die oproep gedoen word) toe die vermeende dief – sonder om eens sy gesig weg te steek – heel kalm inloop en die mikrofoon vat nie.

Die ou word duidelik gesien op CCTV footage waar hy inloop, die mic dophou, omkyk en dit vat.

Hy loop dan uit sonder om te weet dat die kamera sy gesig gevang het.

Aminah Hussain sê dis treurig dat mense so ver sal gaan om goed uit ’n heilige plek te steel.

“Daai is hoekom ek my boys altyd sê om hulle skoene op verskeie plekke te sit, want hulle is ook lief om skoene te steel.

Saak

“Die skelms weet as jy in gebed is, moet jy nie notisie vat van wat rondom jou aangaan nie.

“Maar om so ver te gaan om die mic te steel?”

Siyabulela Malo, ’n polisiewoordvoerder, sê daar is nog geen saak van dié diefstal aanhangig gemaak nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters