23 dae gelede
KYK: Pastor de hel in oor kuns
Kennisgewing: Andrew Morris, die hoof, het dié brief aan die ouers gestuur nadat die video viral gegaan het  ~ 

DIE larney Private Skool Grantleigh, wat deel is van die Curro-groep, is omtrént in omstredenheid gehul.

Dit volg nadat ’n video viral gegaan het waarin ’n skoolpa kla oor ’n “sataniese kunsuitstalling” by die skool.

Die pa van ’n matrikulant by hierdie skool in Richardsbaai in KwaZulu-Natal het ’n video versprei waarin hy ’n kunsuitstalling by die skool veroordeel oor die sataniese inslag daarvan.

Dié ouer, past. Andrew Anderson van die AGS-kerk in Ballito, voel daar word ’n duiwelse bespotting van Jesus gemaak.

Hy sê hy was erg geskok toe hy by die skool instap en die kunswerke sien.

Hy sê dit het vir hom gevoel asof Jesus Christus van vooraf gekruisig word.

Anderson sê hy is teleurgesteld in die skool se onnies wat sy kinders ál die jare onderrig het.

Hy sê sy hart is gebreek.

Hy vaar uit: “Ons moet opstaan. Ons moet teen dít opstaan, Suid-Afrika. Ons kan dit nie toelaat nie. Laat ons daarteen betoog. Daar sal oorlog wees! Ons as Christene is geneig om te sê ons bly liewer stil.”

Die ouer sê wat die ergste vir hom is, was toe die leerder wat die kunswerke gemaak het, op die skool se prysuitdeling vir sy werk vereer is.

Die pa sê hy was so naar, hy kon nie langer in die saal bly nie.

Buiten Anderson het talle ander ouers ook op Facebook uitgevaar toe hulle die video sien.

Blaise Walker skryf op Facebook sy kinders gaan ook by Curro skool.

Hy skryf: “Dit is ’n algehele belediging vir die Christengeloof. Ek is oop vir vryheid van spraak, maar dít is net verkeerd.

“Dis ’n bespotting van die Christelike etos waarna hulle op hulle webtuiste verwys.”

Dudley Anderson skryf toe hy die video sien, het hy heelnag daaraan gedink.

Kontak

Hy meen egter dit is hartseer dat die pastoor nie die basiese vrae gestel het oor hoekom die leerder die sketse geteken het nie.

Hy skryf: “Wat was sy doelwit? Ek wil weet hoeveel keer die ouer met die skool se leierskorps in kontak gekom het voordat hy die video gemaak het.”

In ’n omsendbrief van die skoolhoof, Andrew Morris, sê hy aan die ouers hy weet van die woede in die sosiale media rondom die video.

Volgens Morris was dié kunsprojek en jaareind-uitstalling deel van ’n finale inhandiging vir beoordeling deur die Onafhanklike Eksamenraad (IEB).

Morris sê verder hy verwelkom alle kommentaar, maar hy sal onder meer nie kuber-afknouery en haat­spraak aanvaar nie.

Toe Son gister met die skool praat, was die hoof juis met KwaZulu-Natal se departement van onderwys in gesprek oor dié debakel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters