Verlede maand
KYK: Merim reg met Mona se advies
OPGEWONDE: Tasneem Duminy is een van die show se presenters.  ~ 

“DIS fantasties en interessant en ek is baie opgewonde daaroor!”

Só beskryf Tasneem Duminy, ook bekend as Kerrim Metty Merim, haar ervaring van die opnames van die splinternuwe TV-program Liewe Antie Mona, wat op die DStv-kanaal VIA uitgesaai gaan word.

Vir Duminy is dit beslis ’n nuwe ervaring.

Gewoonlik hou sy die kamera vas en maak haar eie video’s. Dié keer is daar lights, cameras en action!

Duminy gebruik haar sosialemedia-platform om oor verskeie issues met haar aanhangers te en­gage. Waar sy kan, gee sy ook advies oor dinge wat mense pla.

Nou, as een van Antie Mona se angels, is dit haar verantwoordelikheid om Antie Mona se advies oor te dra.

“Ek was baie senuweeagtig toe ons begin record het, maar soos die dae aangegaan het, het ek meer en meer gemaklik geword.

“Ek het so baie geleer van die raad wat Antie Mona gee.

“Die stories is miskien ’n onbekende situasie waarmee ek nie kan relate nie, maar as gevolg van die advies kan ek Antie Mona se raad oordra aan ander mense in dieselfde situasie.”

Duminy vertel sy het agtergekom die mense met wie sy onderhoude voer, is ook senuweeagtig.

Sy het hulle dan sommer gou ’n pep talk gegee.

“Ek sê hulle moet hulle sommer verbeel dat ek hulle vriendin is en só kan hulle gemaklik voel om hul storie met my te deel.”

Duminy sê ook mense moenie skaam wees om in te skryf nie.

“Ons soek nie altyd die diep persoonlike stories nie.

“Daar is dalk iemand wat nie meer weet by wie om raad te vra oor die antie langsaan wat aanmekaar die bure se kinders se bal papsteek as dit oor haar muur kom nie.

“Hoe maak jy as daar so ’n nare antie in jou gebied is? Kom vra vir Antie Mona; sy kan jou dalk die advies gee waarvoor jy graag soek.”

Of, voeg Duminy laggend by, “daar is dalk die man wat gaan werk en die neighbour kom maak gou sonder ’n spanner die kraan reg”.

Duminy sê verder mense is baie beïndruk met die advies wat Antie Mona gee.

Ontmoet

“Hulle sê vir my hulle kan nie verstaan hoe sy hulle so met alles kan help nie.

“Hulle wil so graag vir Antie Mona ontmoet. Hulle wil haar persoonlik bedank vir die raad wat sy gee.”

  • Lesers wat graag wil inskryf vir wat beslis die show van die jaar gaan wees, kan vir Antie Mona ’n WhatsApp-boodskap of voice note stuur na 082 858 0044.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters