16 dae gelede
KYK: Man voor vir lyk by rivier
Nosicelo Tsipa
Nosicelo Tsipa  ~ 

NOG ’n dag en nog ’n vrou is vermoor – en die einde van dié grusame moorde is nog glad nie in sig nie.

Die oorskot van Nosicelo Tsipa (35) van Fisantekraal naby Durbanville is Dinsdag in ’n vlak graf langs die rivier in Greenville, Fisantekraal, gekry.

Bhebosi “Babsie” Ntamehlo (41) het Vrydag in die Bellville-landdroshof verskyn op ’n aanklag van moord.

Tsipa se lyk is Dinsdag ontdek toe iemand haar voete by die vlak graf gesien uitsteek het.

Verskeie organisasies het by die hof betoog.

Vriende van Tsipa vertel die bure het Sondagaand in die huis ’n geraas gehoor.

“Die Maandag het ons niks van haar gehoor nie en haar man het gesê hy weet nie waar sy is nie,” beweer die vriende.

Toe haar oorskot die Dinsdag ontdek is, het hulle gesien dis gebrand.

Vriende glo Tsipa is verwurg.

Haar liggaam is so ’n halwe kilometer van haar huis gekry. Dit lyk of haar lyk in ’n wheelie bin gesit en toe na die rivier geneem is, waar sy begrawe is.

Die saak is tot Maandag 21 September uitgestel.

Lees Maandag 14 September meer hieroor in Son Koerant.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters