28 dae gelede
KYK: Man van brug gered
A man attempting to jump off a bridge
'n Video van die voorval is op sosiale media versprei.  ~ Twitter / Yusuf Abramjee

WETSTOEPASSERS van Stad Kaapstad moes die afgelope week vinnig inspring om 'n man van 'n brug op die N2 te red. 

Die man wou na bewering van die R300-brug afspring.

Wayne Dyason, woordvoerder vir Stad Kaapstad se wetstoepassingsafdeling, sê 'n wetstoepasser het opgemerk hoe 'n aantal mense van onder die brug probeer om die ou te oorreed om nie te spring nie. 

Dyason verduidelik dat die beampte later na die man gehardloop en om aan die arms gegryp het om te keer dat hy nie val nie. Sy kollegas het bygekom en die man tot veiligheid gehelp.

Die man wat wou spring het net ligte beserings aan sy arms opgedoen. - The Citizen


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters