14 dae gelede
KYK: Laaste afskeid koninklik
Donovan Prins  ~ 

DONOVAN Prins was ’n stil, skaam, groothartige mens wat baie vir ander omgegee het.

Só het die sersant (34) se ma, Rachel, hom Saterdag op sy byna koninklike begrafnis in Re­treat beskryf.

Dié dedicated cop is twee weke gelede dood nadat gangsters hom geskiet het.

Prins en ’n kollega het twee verdagtes in Grindal Court, Lavender Hill, met ’n vên gejaag toe daar op hulle losgebrand is.

Prins is in die bors gewond.

Sy kollega het met hom gejaag na ’n hospitaal in Tokai, maar hy het later daar aan sy wonde beswyk.

Prins se kollegas het hom Saterdag­oggend buite die kerk vir die laaste keer gesalueer terwyl sy donkerrooi kis ingedra is.

Sy vrou, Shaldene, was duidelik gebroke. By tye het sy net na die kis gestaar.

Rachel het gesê haar geliefde seun het 14 jaar in die polisie gewerk.

gebroke: Shaldene Prins word by die kerk ingehelp.

Hy het ’n passie gehad vir wat hy gedoen het.

“My kind het nooit gesig gekoop nie.

“Hy was skaam en het nie baie gepraat nie.

“Hy was lief vir wat hy gedoen het en het ’n merk agtergelaat,” het sy gesê.

Rachel het die gemeenskap bedank vir hulle ondersteuning.

Sy het gesê al gaan sy haar seun mis, voel dit asof hy nie weg is nie.

Sy het bygevoeg: “Ek het ’n plant geplant, maar die Here het ’n plan vir alles.

“Die Here weet van beter. Maar ek sal sy gesig, daai omgeegesig, altyd bewaar.”

Prins se skoonpa, Ralph Ferus, het ook gesê Prins het sy merk gemaak – in die polisiediens, in sy familie én sy skoonfamilie se lewe.

Ferus het bygevoeg: “Hy was ’n wonderlike persoon. Hy het respek en dissipline gehad.

“Hy was stil, maar ’n goeie persoon.”

Die nasionale minister van polisie, Bheki Cele, het nie soos mense verwag het by die begrafnis uitgesteek nie.

Cele het wel sy deputy, Cassel Mathale, soontoe gestuur.

  • Niemand is nog in verband met die moord op Prins in hegtenis geneem nie.

Hier is 'n brief van Shaldene aan haar oorlede man wat Ferus voorgelees het:

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters