26 dae gelede
KYK: Kopskote eis kids: Drie vas
DOOD: Malcolm (12) enToslin (10) Samuels is ook onder die slagoffers. FOTO’S VERSKAF  ~ 

DRIE verdagtes in die moord op drie kinders van Elsiesrivier sal Vrydag in die Goodwood-landdroshof verskyn.

Toslin Samuels (10), Adrian­ Alexander (12), Malcolm Samuels (12) en ’n vermeende gangster, Vineto Africa (19) is Dinsdagaand koelbloedig doodgeskiet.

Die vier slagoffers is almal op die toneel dood.

Die kinders se ma’s, Mandy Samuels (33) en Brenda Alexander (30), is ook in die skietvoorval gewond.

Mandy, Toslin en Malcolm se ma, is in die bobeen en rug gewond en is tans in die hospitaal.

Adrian se ma, Brenda, is in die rug geskiet en is ook nog in die hospitaal.

Die skietery het in ’n wendyhuis by Northmead Court in Melton Road, Clarke Estate, uitgebreek.

Die kinders en hulle ma’s het geslaap toe jongens die deur ooptrap en net begin skiet het.

Die ma’s het van die bed afgerol toe daar geskiet word en is in die proses gewond.

Die skietery het in ’n wendyhuis by Northmead Court in Melton Road, Clarke Estate, uitgebreek.

Die kinders en hulle ma’s het geslaap toe jongens die deur ooptrap en net begin skiet het.

Die ma’s het van die bed afgerol toe daar geskiet word en is in die proses gewond.

Toslin, ’n gr. 3-leerder aan die Primêre Skool Clarke, het nog op die bed gelê toe sy ’n kopwond opgedoen het.

Adrian en Malcolm het op die bank in die voorkamer gelê. Hulle is albei in die kop geskiet.

Africa, ’n vermeende lid van die Twaalf Dissipels-bende, is ook in die kop geskiet.

Die twee vroue het ná die skietery by die mense langsaan vir hulp gaan aangeklop.

Toe Son Clarke Estate gister besoek het, was daar ’n see van kindergesiggies onder betogers teen geweld.

Talle inwoners het aan die betoging deelgeneem en eis geregtigheid vir die slagoffers.

Neville Samuels (47) sê: “My skoonsuster, Mandy, het huilend by ons huis aangekom en gesê haar kinders is geskiet.

Weerlose

“Ons vermoed die gangsters het vir Africa gekom, want hy was met die Dissipels-bende gekoppel.”

’n Hartseer Davidene November (17), ook ’n familielid, sê: “Ek gaan my niggie en nefie baie mis.

“Ek was veral baie na aan my nefie.”

Imraahn Mukaddam van die Elsiesrivier-gemeenskapspolisiëringsforum, sê: “Dit is weerlose kinders wat in hulle slaap doodgeskiet is.

“Dit is ’n tragiese gebeurtenis dié. Onskuldige kinders is van hulle toekoms beroof.”

Nog ’n inwoner, Jeanette Davids (38), sê: “Die kinders is wreed vermoor en ons soek geregtigheid.

“Ons het genoeg gehad daarvan dat onskuldige kinders sterf.”

Daar word beweer dat ál meer skietvoorvalle voorkom nadat Jonathan “Appels” Hein (35), leier van die Twaalf Dissipels, in April vanjaar buite die Tygerberg- hospitaal in ’n hit doodgeskiet is.

Die Terribles-bende probeer na bewering nou sy territory oorneem.

Volgens Adrian se skoolhoof, Jerome Pillay, moet die polisie dringend ’n oplossing vind vir die bendegeweld wat onskuldige kinders se lewens eis.

Volgens brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, het die cops kort ná die skietery twee verdagtes gearresteer en nog een gisteroggend.

Wetstoepassers

Die verdagtes is onderskeidelik 27, 30 en 36 jaar oud.

Die Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, het gesê: “Die weermag en ander wetstoepassers moet saamwerk om bendegeweld in gemeenskappe uit te roei.”

DOOD: Adrian Alexander (12), ’n leerder van Holy Trinity Laerskool, is geskiet.
omgekrap: Jeanette Davids (in grys top), van Clarke Estate, is onder betogers wat geregtigheid eis vir die drie kinders wat doodgeskiet is. Foto’s: JONATHAN LESTRADE
HARTSEER: Davidene November (19) (rooi) het haar niggie, Toslin en Malcolm Samuels in die skietery verloor.
MOORDTONEEL: Neville Samuels (47) in die wendyhuis waar drie kinders collateral damage was toe ’n vermeende gangster doodgeskiet is.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters