21 dae gelede
KYK: Jane help graag
VIR DIE MENSE: Jane van Wyk van “Real Talk With Jane”.  ~ Jonathan Lestrade

WAT jy sien, is wat jy kry.

Jane van Wyk is vir jou ’n mense-mens.

Haar lag is aansteeklik en sy is dalk saggeaard, maar sy weet wie sy is en wat sy wil bereik.

Jane (34) is van Chestnut Place in Belhar.

Dit is waar sy grootgeword het en waar haar omstandighede haar gevorm het in die persoon wat sy vandag is.

“Nie baie het hier ver­ander nie, maar met die hulp van my ouers kon ek my drome bereik en ek is in ’n posisie om ander te help,” sê sy.

Jane is haar eie baas en bestuur ’n haarsalon in Kuilsrivier waar sy met mense van verskillende agtergronde interact, na hul stories luister en advies gee waar sy kan.

Dit is waarom sy haar eie Facebook-blad “Real Talk With Jane” begin het.

“Dit gaan oor my expe­riences in die lewe, maar ook om jong mense te motiveer en met mense te gesels oor hul probleme.

“Ek gebruik my social media-platform om die daaglikse challenges te bespreek wat jong mense ervaar en ook om hulle aan te moedig,” vertel sy.

Genader

Jane sê sy wil ’n legacy agterlaat en wil vir mense sê hoewel sy uit die flêtse kom, loop haar naam die wêreld plat omdat sy mense help.

Dit is deur hierdie interaksie wat sy met mense het dat sy onlangs genader is om een van die presenters te wees op die splinter­nuwe TV-reeks Liewe Antie Mona, wat in samewerking met die satellietkanaal VIA vervaardig gaan word.

“Ek het eers gedink dit is ’n prank toe ek genader is omdat ek nie die kwalifikasies vir so iets het nie. Ek is maar net ’n ordinary meisie wat iets try om mense aan te moedig.

“Ek is so opgewonde om deel te wees van so ’n program wat mense se lewe kan verander, wat mense kan aanmoedig soos ek op my blad doen,” sê sy.

Hoop

Jane sê die ondersteuning van haar gemeenskap en familie is so oorweldigend omdat sy vir hulle wys dat hulle enige iets kan bereik.

“Ek sien uit om van my mense se stories te vertel en hoop wanneer mense die program kyk, hulle ook hul stories met ons sal deel.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters