Verlede maand
KYK: In en uit soos ’n balpuntpen
IN BOEIE: Verskeie cops vergesel Zane Kilian gister na die Kaapse landdroshof.  ~ Peter Abrahams

DIE groep mense wat hof loop vir die mislukte hit op William Booth was gister glad nie opgemaak dat die saak weer net uitgestel is nie.

Kauthar Brown (35), Ebrahim Deare (36), Riyaad Gesant (32) en Kim Smith (32) het gister weer net vlugtig in die Kaapse landdroshof verskyn.

’n Vyfde verdagte is voorlopig aan die saak onttrek en woon nie meer die hofverrigtinge by nie.

Zane Kilian is die sesde beskuldige.

Kilian se medebeskuldigdes was al in die dock toe hy sy verskyning maak.

Meer as ses polisielede in uniform, bulletproof vests en helmets het hom ingebring.

Kilian word daarvan aangekla dat hy Booth, ’n strafreg-lawyer, se selfoon op 9 April vanjaar geping het. Booth het op dieselfde dag ’n aanslag op sy lewe­ oorleef.

Son het toe berig die lawyer het in sy vrou se kar gesit en was reg om van sy huis in Higgovale af te ry toe gewapende mans op hom losbrand. Hy is nie getref nie. Die vyftal is later vir die mislukte hit aangekeer nadat hulle op beeld­materiaal uitgeken is.

Kilian, ’n oudrugbyspeler woonagtig in Springs, is eers laas maand by die saak van poging tot moord betrek.

Sy betrokkenheid hou verband met die pings na Booth se foon.

Hy is egter ook aangekla van poging tot moord en die onwettige besit van ’n vuur­wapen, asook vyf aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Rampbestuurwet.

Stap

Kilian se lawyer, Johan van Aswegen, het die hof gevra om die saak uit te stel omdat Kilian vandag in die Bell­ville-hof moet wees vir ’n aansoek om borgtog in die moordsaak van lt.kol. Charl Kinnear.

Dié top cop is in September voor sy huis doodgeskiet. Kilian het op die betrokke dag ook sy foon geping.

Volgens Van Aswegen sal die uitspraak in die aansoek om borgtog hul volgende stap bepaal.

Kilian se medebeskuldigdes en die viertal se families was merkbaar ontsteld toe die saak tot 15 Desember uitgestel is. Smith se borgtog is weer verleng.

Die aansoek om borgtog gaan vandag in Bell­ville voort.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters