25 dae gelede
KYK: 'Horlosie kan nie teruggedraai word'
chesray herringer
"Hy was 'n soetkind," beskryf Marylin Hendricks, haar geliefde kleinseun, Chesray Herringer, op sy begrafnis. FOTO: Jonathan Lestrade  ~ 

HY WAS ’n baie soet kind.

Só het Marylin Hendricks haar geliefde kleinseun, Chesray Herringer, Donderdag op sy begrafnis beskryf.

Die vyfjarige seuntjie is op 26 Augustus dood nadat beweerde carjackers voor sy huis in Angelastraat in Valhalla Park in hom vasgery het.

Chesray is op die toneel dood.

Die kleintjie se familie was omring deur vriende en familie wat afskeid kom neem het. Ook teenwoordig was 'n groot groep kinders met T-shirts met Chesray se gesig en naam daarop.

Buite sy ouerhuis het bure saamgekom en 'n erewag vir Chesray gevorm.

Hendricks het voor die diens aan Son genoem: "My boodskap vir ouers is om na hul kinders te kyk. Wys ook jou liefde vir jou kind.

"Ons is seer en stukkend, maar moet ook sterk wees. Ons kan nie die horlosie terugdraai nie."

Lees Vrydag, 4 September meer in Son Koerant.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters