18 dae gelede
KYK: Hoog op lewe
dankie: Keanan Fortune kan nie genoeg kry van sy nuwe lewe nie. Foto’s: Jonathan Lestrade  ~ 

HY SIEN weer vir enige ding kans.

Keanan Fortune, wat verlede week headlines gemaak het as “Boeta gá rehab”, vorder heel fluks.

Dít kom nadat sy mammie, Zelda Gordan, in Son om hulp gesmeek het.

As gevolg van dwelms het For­tune hulle lewe opgeneuk.

Volgens Gordan was sy reeds in die “Ellen Pakkies”-fase – sy wou die klong vermoor.

Ná die eerste berig het suster Magda Kleyn van die Tehillah rehab ingespring om te help. Die no-nonense-suster hou die former terror stewig onder haar duim.

Die jong man is nou op ’n “panel beat­ing”-program om nugter rigting aan sy lewe te gee.

Fortune het ’n week laas drugs ingekry. Hy wil regtig try skoon bly.

In die naweek is hy vir sy 29ste birthday getreat.

Gister het Fortune met ’n groot smile op sy gesig vertel hoe die dag hom laat spesiaal voel het.

Hy vertel: “Ek het nog nooit so special gevoel nie. Die gemeenskap het koek gemaak en gestuur.”

Die grootste present was dat Fortune se mammie en derra vir hom kom kuier het.

Dit is die eerste keer in ’n volle 13 jaar dat hulle as ’n gesin ’n birthday normaal kon vier.

Skamerig voeg Fortune by: “Dit het my goed laat voel, want for once het hulle nie oor my geskel nie.

“My pa het gesê hy is trots op my en my ma ...”

Hy bly stil en voeg dan emosioneel by: “Vir haar is ek so dankbaar, want waar sou ek nou gewees het?”

Fortune sê hy begeer nou om ’n rolmodel te raak oor hoe ’n mens kan skoon bly. Hy wil eendag graag ander druggies help.

“Ek voel positief oor my lewe. Ek weet ek kan ver­beter. As ek binne een week só kan voel, hoe sal ek oor 12 weke voel?”

Opoffer

Kleyn is versigtig optimisties: “Dis ’n lang pad wat vir hom voorlê, en baiekeer is dit moeilik ...”

Fortune sê egter: “My ma het net probeer om my te help. So, ek wil aan haar bewys dat ek weer haar ou Keanan kan wees.

“Daai donker kant. Wat jy nie alles sal opoffer en doen net om jou next hit te kan kry nie. Ek hoop dis nou in die verlede.

“Hier het ek geleer dat ons elkeen ’n storm in ons lewe het. Maar al wat jy nodig het, is om Jesus wakker te maak sodat Hy jou deur daai storm kan dra.

“Dít is waar ek nou is. Jesus is besig om my deur my storm te dra en my sterk te maak.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters