18 dae gelede
KYK: Groot show vir die groot vraag
flash mob marriage proposal
Marimuthu en sy toekomstige bruid.  ~ skermgreep

MESHACH Marimuthu het met sy onlangse vakansie in Kaapstad omtrent 'n show opgesit toe hy sy meisie, Suemaya Adam, gevra het om te trou.

Marimuthu sê hy wou iets buitengewoon en uniek vir sy meisie van die laaste drie jaar doen.

Hy het die Phoenix Dance Company genader om 'n flash mob by die Tyger Valley-sentrum bymekaar te kry en gevra dat hulle Marry You van Bruno Mars moet speel.

"Ek hou van die liedjie en het gedink dit is perfek vir die geleentheid," sê hy.

Marimuthu sou die vraag vra sodra die liedjie begin speel.

Carina Cullen, eienaar van die dansstudio sê, Marimuthu moes opstaan om na die badkamer te gaan waarna die musiek sou begin.

Cullen sê hy het egter 25 minute te vroeg opgestaan.

"Ek was so nervous. Ek kon nie stil sit nie," sê Marimuthu.

Die musiek het uiteindelik begin speel en die dansery het begin. Aan die einde het die groep 'n arch gevorm vir hom om deur te loop.

Marimuthu sê Adam was geskok.

"Sy het nie gedink dit is vir haar nie," sê hy.

Die paartjie beoog om volgende jaar Desember te trou. - News24



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters