19 dae gelede
KYK: Gesin kom niks oor toe flat vlam vat
brand
WONDERBAARLIK: ’n Meisie is vir rookinaseming behandel, maar niemand is verder in die brand beseer nie.  ~ 

’N GESIN van Linden Court in Lotusrivier het sonder ernstige beserings van ’n brand ontsnap wat hulle dakloos gelaat het. 

Inwoners van dié flats het Dinsdag rondom 04:00 wakker geskrik toe die flat van die gesin van vyf op die boonste verdieping al in vlamme gehul was. 

Volgens Jermaine Carelse, woordvoerder van die Stad Kaapstad se brand-en-reddingsdienste, het hulle kort voor 04:00 ’n oproep ontvang oor ’n brand by ’n flat op die hoek van Buck-weg en Vierde Laan. 

“Brandbestryders van Ottery, Wynberg en Lakeside is na die toneel ontplooi.”

Carelse sê niemand is in die brand beseer nie.

Ontruim

“?’n Agtjarige meisie is deur ons paramedici vir rookinaseming behandel.”

Vyf mense moes die flat ontruim weens die brand. 

“Twee ander flats het rook en waterskade opgedoen,” vertel Carelse.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters