4 maande gelede
KYK: Gesin dakloos nadat huis brand
ALS WEG: Chantal Kuys kyk of daar dalk enigiets in haar slaapkamer is wat sy nog kan red.  ~ Jonathan Lestrade

’N GESIN van Scottsdene sit nou sonder ’n dak oor hul kop nadat hul huis in vlamme opgegaan het.

Gerugte vlieg rond dat een van die kinders die huis aan die brand gesteek het omdat haar ouma haar kastig nie geld wou gee nie, maar ’n lid van dié familie, Chantal Kuys, kon dit nie bevestig nie.

Sy sê sy was Vrydag­oggend in die werk toe haar dogter haar bel met die skokkende nuus dat die huis brand.

Kuys vertel: “Sy het nie gesê hoe die brand ontstaan het nie en ons weet ook nie.

Skade

“Ek wou net maak dat ek by die huis uitkom.

“Toe ek hier kom, was die brand reeds geblus.”

By Son se besoek was ’n beampte van die Stad Kaapstad by die huis om die skade te bepaal.

Volgens Kuys het hulle nie tans ’n blyplek nie en sal hulle maar by haar broer en suster moet gaan slaap.

Volgens Kuys het hulle die rent-kantoor gebel en die gesin sal dalk ’n flat in Gabriel Court kan kry, maar hulle moet eers ’n verklaring aan die polisie gee.

Haar trane rol terwyl sy vertel hoe hulle ál hul klere in die brand verloor het.

Kuys sê haar ma wat ook saam met haar gewoon het, is reeds na haar suster in Blackheath.

Donasies

Kuys sê huilend: “Ek is net bly niemand het seergekry nie en dat my ma veilig is.”

Enige iemand wat die Kuys-gesin met enige donasies wil help, kan haar gerus by 065 371 1034 kontak.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters