4 maande gelede
KYK: Geliefdes groet ‘Lastig’
HARTSEER: Carlo Solomon sê Saterdag sy laaste goodbye aan sy pa, Ernie “Lastig” Solomon.  ~ Jonathan Lestrade

DIE polisie was uit in full force op die begrafnis van Ernie “Lastig” Solomon.

Die 62-jarige Solomon is Saterdag in Hermanus ter ruste gelê.

Sy begrafnisdiens is in die Thusong-saal in Hawston gehou.

Hy is laas maand in ’n beweerde sluipmoordaanval in Boksburg doodgeskiet.

Daar was ’n groot polisieteenwoordigheid in Hermanus en Hawston vir sy begrafnisdiens.

Leiers van die Khoisan-gemeenskap was ook by die begrafnis.

Een van Solomon se seuns, Vitto, het ’n tribute vir sy pa gedoen.

Vitto het in sy tribute gesê sy pa was baie lief vir sy kinders.

“Hy wou ons nie by sy besighede betrek nie.

“Ons koester nie haat teenoor die persone wat hom vermoor het nie, maar ons hoop geregtigheid sal geskied.”

Respek

Rektor Joseph Bronkhorst van die Nuwe Apostoliese Kerk wat die begrafnisdiens gehou het, het Solomon as iemand beskryf wat toegewyd was aan kerksake.

“Hy (Solomon) het die grootse respek gehad vir God se diens,” het Bronkhorst gesê.

Daar is ’n slide show met foto’s van Solomon by die begrafnisdiens gespeel. Ná die slide show is ’n video gespeel waarin Solomon oor die gevare van die bendelewe praat.

Hy sê in die video jou eie broers sal jou op die ou end doodmaak.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters