4 maande gelede
KYK: Dit lol by mall
Ondersoek: Die forensiese span fynkam die toneel vir leidrade.Foto’s: Jonathan Lestrade  ~ 

’N WILDE jaagtog tussen cops en drie verdagtes het byna veroorsaak dat shoppers gister onder hulle sakkies uithardloop.

Dié gedoente het hom gisteroggend by die Airport Mall in Belhar afgespeel.

Levi Casavah, ’n Rasta wat ’n vrugtestalletjie buite die mall het, was nog geskok toe Son by die toneel opdaag.

Casavah se vrugte is in die proses so uitmekaar geskiet dat soos ’n onbeplande fruit salad­ dit gelyk het soos die bullets gefly het.

Dodge

Op die toneel is ’n hele klomp koeëldoppies opgetel.

Volgens Casavah het hy nog gewag dat klante sy stalletjie besoek, toe moes hy bullets dodge.

Hy vertel: “ ’n Man het aangehardloop gekom met ’n cop agterna.

“Die man het met ’n gun in die hand gehardloop en die cop het op hom geskiet.

“Die man het na die veld se kant gehardloop en die cop het steeds op hom geskiet.

“Dit was nie lank nie, toe skiet die cop hom raak en hy sak inmekaar.”

Volgens omstanders was daar nog twee verdagtes. Een is gevang en die ander een het glo weggekom.

Volgens Casavah is die beseerde verdagte onmiddellik per ambulans hospitaal toe geneem. Hy maak die cop wat die beseerde ou gevang het uit as ’n opregte hero.

Volgens hom het die cop sy eie lewe in gevaar gestel.

’n Woordvoerder van die polisie, sers. Liesl Beukes, het bevestig die voorval word ondersoek.

Beukes sê: “Ons kan nie meer oor die saak uitwei nie oor dit baie sensitief is.

Die polisie het Donderdag in 'n verklaring gesê 'n tweede verdagte het van die toneel gevlug.

Hulle het beslag gelê op 'n onwettige vuurwapen en Volkswagen Polo.

Die beseerde verdagte is tans in die hospitaal onder polisiebewaking.

Sodra hy ontslaan word sal hy op klagte van poging tot moord, gewapende roof en die besit van 'n onwettige vuurwapen in die hof verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters