12 dae gelede
KYK: Die Kaap is nat!
Motoriste het 'n harde tyd gehad op Buitensingel i
Motoriste het 'n harde tyd gehad op Buitensingel in Kraaifontein.  ~ Verskaf

Verskeie laagliggende gebiede se paaie het oorstroom en ten minste drie huise in 'n plakkerskamp in Southfield is in die stormweer verwoes. 

Charlotte Powell, woordvoerder van die Stad Kaapstad se rampbestuur, het Vrydag reeds die publiek gewaarsku dat die stormweer die naweek die Kaap tref.   

"Die Suid-Afrikaanse weerburo het spesifiek gewaarsku dat 'n intense kouefront stormsterkwinde, reen en rowwe seestoestande bring.” 

Die Stad se rampbestuur was op gereedheidsvlak.

"Ons het klagtes ontvang van bome in Lotusrivier en Gugulethu wat weens sterkwinde afgewaai het. In  twee strukture in die buurte is beskadig.”  

In Plumstead, Wynberg, Vishoek en Retreat is soortgelyke voorvalle aangemeld. By die biblioteek in Wynberg is twee karre beskadig toe ‘n gedeelte van ‘n boom die karre beland het. 

"Ons beamptes van die departement van parke en rekreasie is na die tonele ontplooi," aldus Powell. 

Na wat verneem word, is die dak en vensters van Pick 'n Pay by Rosmead in Kenilworth ook in die gure weer beskadig.

Motoriste het ook 'n moeilike tyd op die pad gehad.

Volgens Kenny Africa, hoof van die Wes-Kaapse verkeersdienste, het motoriste oor rukwinde gewaarsku.

"Sit jou ligte aan, hou 'n goeie afstand en maak seker jy is veilig op die pad." 

Op die R300, voor Hindlweg se afrit, het 'n boom op 'n voertuig beland. Die verkeer was vir 'n wyle stilstande op die R300. 

Verskeie gebiede se krag is ook met die stormweerstoestande daarmee heen. Dit sluit Philippi, Steenberg, Vishoek, Kensington, Houtbaai, Plumstead en Gugulethu in.

“Die Stad se elektriese afdeling sien om na die klagtes.” 

Powell het mense wat in laagliggende gebiede woon aangeraai om die kanse van vloede te verminder deur slote om hul huise te grawe en ander gevra om enige potensiale blokkasies by die gutters en dreine skoon te maak. 

Inwoners wat enige weer verwante noodgevalle het, kan die Stad Kaapstad se rampbestuur by 021 480 7700 of 107 te bel. 

Stormsterkwinde het veroorsaak dat 'n boom op 'n k
Stormsterkwinde het veroorsaak dat 'n boom op 'n kar beland.
Motoriste het 'n harde tyd gehad op Buitensingel i
Motoriste het 'n harde tyd gehad op Buitensingel in Kraaifontein.
Inwoners van Kalksteenfontein het die indoors bo s
Inwoners van Kalksteenfontein het die indoors bo swem verkies.
Bonteheuwel se strate was ontoeganglik vir voetgan
Bonteheuwel se strate was ontoeganglik vir voetgangers.
Leonsdale in Elsiesrivier se paai het ook oorstroo
Leonsdale in Elsiesrivier se paai het ook oorstroom.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters