27 dae gelede
KYK: Brand vat als
OPRUIM: Mache Arendse (regs) verwyder haar besettings wat tydens die brand verwoes is.  ~ Jonathan Lestrade

DIE laaste ding wat enige familie wil ervaar, is om in alles ’n brand te verloor.

Vir Mache Arendse is dit ’n uiters oorweldigende ervaring, maar sy glo die Here het miskien ’n plan vir hulle.

Die 28-jarige Arendse en haar gesin het gisteroggend saam met twee gesinne wat op dieselfde erf in Joseph Avenue in Scotts­dene woon, al hul besittings in ’n brand verloor.

Arendse sê wat sy gehoor het, is dat die brand by haar bure begin het. Die vlamme was so oorweldigend dat dit hul besittings binne minute uitgebrand het.

Arendse sê toe sy by die huis kom, was alles klaar uitgebrand en die vlamme geblus.

“Ek en my man het die huis net voor 06:00 verlaat om werk toe te gaan toe hy ’n oproep kry dat ons plek brand. Die brand het 06:20 begin,” sê Arendse.

Sy sê soos sy gehoor het, het ’n kers by die bure langsaan omgeval.

“Toe my skoonbroer omkom, toe sien hy die rook by die neighbour se bungalow.

“Hulle het nog probeer keer en die brand probeer blus, maar die vlamme was te sterk gewees. Orals het vlam gevat en al drie bungalows het uitgebrand.”

Die ma van drie seuns sê sy kan nie beskryf hoe dit voel om alles te verloor nie, maar sy is dankbaar dat niemand beseer of, nog erger, dood is nie.

“Alles gebeur met ’n rede. Ons kyk maar wat die Here se plan vir ons is,” sê sy.

DAY ZERO: Wendy Sophat sê die klere wat sy en haar kinders aan het, is al wat hulle oor het. Foto: Jonathan Lestrade

Die buurvrou Wendy Sophat sê sy het ook haar huis verlaat om werk toe te gaan toe sy van die brand hoor.

Noodoproep

“Ek weet ek het die kers doodgemaak. Die klere aan my en my kinders se lywe is al wat ons oor het,” sê ’n emosionele Sophat. “Ek het nie eens ’n ID nie.”

Jermaine Carelse, woordvoerder van Stad Kaapstad se brand-en-reddingsdienste, sê die brand-en-reddingsdienste het gister 06:35 ’n noodoproep oor die voorval ontvang.

Carelse sê brandweermanne van Kraaifontein, Durbanville en Brackenfell en reddingspersoneel van Bellville is na die toneel gestuur.

Bemanningslede het die brand om 07:41 geblus. Geen beserings is aangemeld nie.

Na verneem word, is 11 mense as gevolg van hierdie brand displace, sê Carelse.

SIT HAND BY: Vriende, familie en bure help verwyder die verwoeste besittings. Foto: Jonathan Lestrade

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters