20 dae gelede
KYK: Bouncy sê hy is reg vir TV
NEDERIG: Bouncy het ’n groot liefde vir die lewe en sien daarna uit om mense deur die nuwe TV-reeks te help.  ~ Jonathan Lestrade

WIE sê so? Bouncy sê so.

Dit is die alombekende woorde van Doniel “Bouncy” Jansen.

Bouncy beskryf homself as bubbly, nederig en iemand wat die lewe geniet.

Bouncy is welbekend vir sy social media posts waarin hy ’n spade ’n spade noem en nie skaam is om sy opinie oor enige topic te gee nie.

Die 27-jarige entertainer met ’n persoonlikheid wat groter is as sy tuisdorp, Tulbagh, sal volgende jaar op televisie verskyn.

Bouncy is een van drie aanbieders van die splinternuwe Liewe Antie Mona- televisiereeks.

En vir iemand wat altyd gedroom en gebid het om sy naam daar buite te kry, is dit nogal ’n groot deal vir hom.

Ontdek

Bouncy sê sy loopbaan in entertainment het begin toe hy sy Facebook-blad geopen het.

“Ek was maar altyd lief vir die kamera gewees en het altyd iemand se phone gevat en gesê ‘maak gou ’n video van my’. Dan delete ek dit weer.

“Maar toe ontdek ek Facebook en het altyd live gegaan.

“Hoewel daar nie baie mense was wat gekyk het nie, het ek in my agterkop vir myself gesê dinge gaan vir my gebeur.

“Dit is eers in 2018 toe ek my page ‘Bouncy Sê So’ begin het,” sê hy.

Waar dinge vir Bouncy verander het, was toe sy tjommie ’n video van hom gemaak het waarin hy sê: “Mense, dis Bouncy hierso. Dis vir die vroue daar buite.

Viral

“Maak vir julle reg, koop vir julle make-up en as julle nie vir julle wil mooi maak nie, dan chise ek van nou af julle manne. Want Bouncy sê so.”

Die video het viral gegaan op Facebook nadat sy tjommie dit op haar WhatsApp- status gelaai en iemand dit op Facebook gelaai het.

“Die oggend toe ek opstaan, toe sien ek dat daar oor die 1 000 views is.

“Ek vra my tjommie nog wat gaan aan en wat gaan ek sê as mense my op die straat kry, maar het nooit gedink dit sal my in die rigting neem waarin ek wou gaan nie.

Waardeer

“Ek het baie boodskappe gekry van iemand wat my vra of ek club appearances doen. Ek het nie, maar met my eerste club appearance besef ek hoeveel mense die video gesien het.”

Bouncy sê die ondersteuning wat hy kry, is so belangrik en hy waardeer dit.

“Ek laai nie net enige iets op my page nie. Ek post goed wat opbouend is.

“Ek sit en dink altyd waaroor ek wil praat en dit sluit in goed wat die land deurgaan en wat mense ervaar in hul lewe.”

Bouncy sê hy het altyd gebid vir ’n besige lewe en nou is dit so.

“Ek wil eendag kan sê ek het bereik waarvoor ek gebid en gewerk het, en dit is ’n groot eer om deel te wees van die televisiereeks.

“Ek is baie opgewonde omdat dit ’n nuwe fase en nuwe seisoen vir my lewe is.”

Bouncy sê mense moet onthou hy het ’n funny kant, maar is baie ernstig oor die lewe en hou daarvan om advies te gee en mense op te bou.

DIE ENTERTAINER: Bouncy laat mense al vir jare lag met sy sêgoed op sy Facebook-blad. Foto: Jonathan Lestrade

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters