27 dae gelede
KYK: Baba-moord: Huurder vas
Dimitri FicksFOTO Verskaf  ~ 

“VOORDAT hulle ’n outopsie op my baba doen, wil ek net ’n oomblik alleen met hom hê.”

“Ek wil met hom sit en gesels, om sorry te sê ... Sorry dat ek nie daar vir hom was om hom te beskerm nie.”

Met dié woorde het sy bloedjong mammie, Lodine Louw (20), in trane uitgebars toe sy praat oor haar engelkind, Dimitri Ficks (’n jaar en twee maande), wat Vrydag vermoor is.

Ficks van Electric City in Eersterivier, se lewetjie wat skaars begin het, is kortgeknip nadat ’n boarder wat agter in ’n separate entrance van hulle huis gebly het, hom na bewering vermoor het.

Die huurder, Charles Willems, sal vandag in die Blue Downs Landdroshof op ’n klag van moord verskyn.

Louw verduidelik dat sy Willems Vrydag winkel toe gestuur het om yoghurt en los entjies te gaan koop.

Hy het die babatjie saam met hom geneem.

“Hy het ná twee ure teruggekom. Ek het dit nie vreemd gevind nie, want hy speel altyd met die kind of loop met hom.”

Maar die gebroke mammie het iets vreemds opgelet toe haar baba nie op haar stem gereageer het nie.

Koud

“Ek het hom die eerste keer vir my kind gevra. Toe sê hy die kind is besig om aan die slaap te raak.

“Dis toe dat ek my cool verloor en Dimitri by hom gaan haal het. My kind was koud! Sy oë was flou.

“Toe gee hy sy laaste smile vir my...” sê Louw met ’n stem wat byna breek van hartseer.

Louw voeg by haar seun se maag was blou. Sy tong het seertjies op gehad en sy kop was rou aan die agterkant.

“Hy (Willems) wou my nie sê wat gebeur het nie.”

Die bewering is dat Willems die kind saamgeneem het na ’n drug-huis en hom daar gelos het.

’n Ingeligte vertel aan Son Willems het ’n verklaring gemaak waarin hy verduidelik hoe die kind met nog ’n kind gespeel het toe hy skielik net agteroor geval het.

Dalyn-Cruise Ficks (24), die baba se pa, sê hy was reg om Willems te vermoor, maar moes vir sy meisie sterk bly.

“Ek gaan hom baie mis. Ons het soveel rondom hom beplan.

“Nou moet ons net met ’n memory van hom lewe.

“Hy was die beste ding wat met ons gebeur het.

“Hy was spesiaal, oulik, gruwelik, maar die tyd was te min vir ons.”

Willems, wat Vrydag na bewering gevlug het, is Sondag in hegtenis geneem.

Baba Dimitri sal op 28 September ter ruste gelê word.

  • As enige leser die familie met donasies wil uithelp, kan hulle Ficks by 060 588 2276 bel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters