Verlede maand
KYK: Army nie oral
nóg ’n slagoffer: Dié vermeende lid van die American-bende, ene Max, is Woensdagaand in Mamre platgeskiet.Foto: FACEBOOK  ~ 

WEERMAGLEDE is Donderdag in Manenberg ontplooi om die polisie te help in hulle stryd teen bendegeweld.

’n Inwoner van Mamre voel egter dat die kleiner dorpies afgeskeep word.

Dié inwoner, wat anoniem wil bly, meen dis die geval nadat ’n vermeende bendelid Woensdagaand in Mamre platgeskiet is.

Die 22-jarige man, ene Max, was na verneem word ’n lid van die American-bende.

Gewond

Max is omstreeks 18:30 in Kaapstraat geskiet. Hy is op die toneel dood nadat hy verskeie kere getref is.

Twee van sy vriende (22 en 27) is gewond. Albei is met ’n ambulans na die hospitaal geneem.

’n Polisiewoordvoerder, kapt. FC van Wyk, sê dis nog nie bekend wat die motief is nie.

Van Wyk sê die moontlikheid van ’n bendeverwante hit word ondersoek.

Geen verdagte is nog in hegtenis geneem nie.

Die voorsitter van die Manenberg-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), Kader Jacobs, sê hy hoop die weermag se teenwoordigheid is nie net ’n “hit-and-run”-ding nie.

Kader sê: “Hulle het in twee groepe verdeel en het ’n paar huise deursoek.

“Ons is bly oor hulle in die gebied is. Hulle moet die gebied lockdown, en nie net in- en uitbeweeg nie.

“Dit sal beter wees as ’n groep van dié ouens vir drie maande in die area kamp en die gebied onder lockdown plaas.”

Swanger

Manenberg het die afgelope twee weke onder erge bendegeweld deurgeloop.

’n Swanger vrou is Maandagmiddag dood toe sy in die bendes se kruisvuur beland het.

Drie jong seuns is Woensdagaand gewond terwyl hulle buite gespeel het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters