21 dae gelede
KYK: ‘Antie se sus’ help
OPGEWONDE: Tasneem Duminy gaan binnekort op die kassie wees om jou en ander se stories te deel.Foto’s: JONATHAN LESTRADE  ~ 

ALMAL ken haar as Kerrim metty Merim, maar daar is ’n ander kant van die sag gesproke Tasneem Duminy wat mense dalk nie ken nie.

Duminy gebruik haar sosialemedia-platform om met haar aanhangers te en­gage oor verskeie issues. Sy gee ook advies waar sy kan oor dinge wat mense pla.

Maar sy is ook ’n ma, ’n dogter en – vir diegene wat dit nie weet nie – sy weet ook hoe om ’n taxi te bestuur.

Duminy is een van drie presenters wat op Liewe Antie Mona, die splinternuwe TV-program op die DStv-kanaal VIA sal verskyn. Sy sal by gewone mense op straat en in hul huis kuier sodat hulle hul stories met haar kan deel.

Duminy is oorspronklik van Mitchells Plain, maar sê sy en haar broer is deur hul enkelma in Hanover Park grootgemaak.

Geshape

Dis waar sy skoolgegaan en later self in die taxi-bedryf ingegaan het.

Sy vertel: “Dis die plek wat my geshape het, waar ek vriende gemaak het en ’n taxi-drywer geword het, nes my ma.

“Destyds het ek en my broer nog in die vroeë oggendure in komberse opgerol agter die drywer-seat van die taxi gelê en slaap toe my ma mense vervoer het.”

Duminy sê sy het ander werk gedoen, maar as ’n mensemens bevind sy haar as ’n taxi-drywer in ’n plek waar sy daagliks met mense kan interact.

Daaroor vertel sy: “Ek hoor baie stories en dinge wat mense deurmaak. Ek probeer altyd positief wees en advies gee waar ek kan.

“Ek is glad nie ’n professional nie, so, ek sê nie mense moet na my luister nie, maar ek het dinge deurgegaan en ek kan relate met baie van die goed wat mense deurgaan.”

Duminy sê sy is baie opgewonde en nervous oor die geleentheid wat sy gekry het om deel te neem aan ’n TV-program wat mense se lewe kan verander.

Trots

Sy sê: “Ek was nooit op TV nie en maak maar net video’s op my phone, maar sien uit daarna om mense se stories te hoor en te sien hoe hulle hulp kan ontvang.

“Ek voel baie trots op myself en wat ek bereik het.

“Ek hoop almal wat die program kyk, sal iets positiefs daarvan wegneem. Ek verstaan mense is skaam en ashamed oor wat hulle deurgaan, maar hulle moet weet dat hulle nie alleen is nie.

“Daar is hulp hier buite vir hulle. Moenie in silence suffer nie.” 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters