7 maande gelede
Kyk Always wat jy kry
SURPRISE: ’n Vrou van Retreat het hierdie nie so sanitêre doekie in haar Always-pakkie gekry.  ~ Foto Verskaf

CHECK maar eers jou pads voordat jy die huiswinkeltjie verlaat.

Dit is die dure les wat ’n vrou (26) van Retreat onlangs geleer het.

Sy vertel sy het sowat twee weke gelede net ná 20:00 ’n “emergency” gehad en die winkel was al toe.

Sy het toe na die huiswinkel om die draai van haar huis gegaan om Always- sanitêre doekies te kry.

Sy het R18 betaal by die winkel wat op die hoek van Joe Marks-boulevard en Beethoven-weg geleë is.

“Toe ek by die huis kom, het ek gesien die verpakking lyk anders as die Always- doekies wat ek altyd koop.”

Binne-in die pakkie het sy toe op haar verrassing afgekom.

“Ek het een van die doekies oopgemaak en ’n los stukkie het sommer afgeval. Ek weet nie of dit deel van die ding is nie.”

Toe sy die pad oopmaak, was daar ’n ander plakker met die bewoording “Simply Dry” op.

“Ek het die pads net daar en dan weer in die verpakking gesit en terug winkel toe gestap.

“Die shop owner wou nie na my luister nie. Hy het my geld teruggegee.”

Die vrou het ’n video van die fake pads op Facebook gedeel.

Verskeie vroue het toe hulle eie experiences met fake pads gedeel.

“Ek moes ’n dokter gaan sien nadat ek pads wat ek by ’n huiswinkel gekoop het, gebruik het,” sê een.

Nog een skryf: “Dit het al met my ook gebeur. Ek was opgeswel en het vreeslik gejeuk.

“Ek het later teruggegaan en die winkeleienaar gewys hoe lyk die original. Hulle (die winkeleienaars) het net jammer gesê.”

Planne

Die vrou van Retreat sê sy wou ’n saak maak, maar omdat sy nie meer die pads in haar besit gehad het nie, wou die cops nie die saak vat nie.

Son en die slagoffer van Retreat het Always SA op hulle Facebook-blad ingelig oor die vals pads. Always SA sê hy is jammer om van die voorval te verneem.

“Ons het planne in plek en werk saam met die polisie om te verseker dat verbruikers die regte produkte kry.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters