Verlede maand
Krag trip net toe dit in court begin kook
Ameerudien Peters en Abigail Ruiters  ~ Peter Abrahams

NET toe dinge in die Kaapse hooggeregshof begin kook, slat die krag af.

Dit het gebeur terwyl Ameerudien Peters gister getuig het.

Peters staan tereg vir die moord op die 17 maande oue Jeremiah Ruiters. Dié is op 12 Junie 2017 in die Factreton-kliniek dood verklaar.

Die staatsaanklaer, adv. Maria Marshall, het Peters net begin kruisondervra, toe Eskom brakes op die verrigtinge sit.

Die krag het 12:00 af gegaan en die hof is tot 14:00 verdaag. Na verneem word, het die hof nie ’n generator nie.

Sonder krag kon die verhoor nie voortgaan nie omdat die recorder nie die getuie se getuienis kon opneem nie.

Peters het skoon verlig gelyk. Minute voor dit het Abigail Ruiters se regsverteenwoordiger hom nog kruisondervra.

Ruiters staan saam met hom tereg.

Gewerk

In die proses het die ou ’n paar bubbles gehap vir antwoorde.

Voordat die hof verdaag het, het Peters bevestig Ruiters het sewe dae per week gewerk en hy was daarvoor verantwoordelik om na klein Jeremiah te kyk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters