12 dae gelede
Kortlys vir pos bekend
Marlene le Roux het die kortlys gehaal.  ~ Melinda Stuurman

UIT 59 benoemings het 15 kandidate die kortlys vir die Wes-Kaapse kinderkommissaris, die eerste in sy soort in die land, gemaak.

Gillion Bosman, voorsitter van die staande komitee vir maatskaplike ontwikkeling van die Wes-Kaapse provinsiale parlement, sê hy is tevrede met die werk van die komitee met die aanstelling.

“Die komitee het al die kandidate, volgende hoofstuk drie van die wet, oorweeg.”

Die streng keuringsproses waardeur die kandidate is het ‘n deeglike ondersoek ingesluit. Dit is gevolg deur ‘n reeks werkswinkels deur lede van die parlement om die “key performance areas”, wat die kandidate aan moes voldoen, bespreek het.

“Die rol van die kommissaris sluit in om te verseker dat die regte, behoeftes en belange van kinders nagekom word.

Onderhoude sal nou in Februarie met die kandidate op die kortlys plaasvind.

Die publiek kan ook inligting oor die kandidate besigtig op die provinsiale parlement se webwerf.

Die volledige kortlys van kandidate is:

• Me. Christina Nomdo
• Dr. Eric Atmore
• Dr. Marlene Le Roux
• Me. Lizelle Africa
• Me. Carol Bower
• Me. Gabriela McKellar
• Me. Joy Van der Heyden
• Prof. Lukas Muntingh
• Me. Alida Olivier Christelle
• Me. Lydia Plaaitjies
• Me. Samantha ZInzy Albertyn
• Me. Ingrid Elizabeth Lestrade
• Dr. Naqita Alexander
• Me. Zakira Mohamed
• Adv. Mirinda Gaum 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters