13 dae gelede
Kommissaris: Gee jou insette
Lucinda Evans
Lucinda Evans is ’n kandidaat vir die land se eerste kinderkommissaris.  ~ Peter Abrahams

Die lys van benoemings vir die land se eerste kinderkommissaris is bekend gemaak.

’n Lys van 59 name is uitgereik sodat die publiek besware teen enige van die kandidate kan aanteken of enige insette kan lewer.

Net verlede week is ’n petisie opgestel om Lucinda Evans as die eerste kinderkommissaris aan te stel. Evans is die stigter van Philisa Abafazi Bethu. Sy is daarvoor bekend dat sy vir vroue- en kinderregte veg. Evans is egter een van die name wat op die lys verskyn.

Van die ander name is Jennifer Hartnick, ’n DA lid.

Dr. Sidima Kabanyane, voormalige munisipale bestuurder van Drakenstein-munisipaliteit, se naam is ook op die lys. Hy is tans die provinsiale hoofbestuurder vam die Kgolo-instituut.

Marlene le Roux, CEO van die Artscape in Kaapstad, is ook benoem. Le Roux, 'n vroueregte-aktivis, is die medestigter van die Woman's Achievement Network for Disability.

Die DA raadslid, Solomon Philander se vrou, Rochelle, het ook 'n benoeming ontvang. Philander is die direkteur van Safeline-sentrum, wat slagoffers van kindermishandeling help.

Gillion Bosman, voorsitter van die Wes-Kaapse staande komitee oor maatskaplike ontwikkeling, sê hy is opgewonde oor die belangstelling van die publiek en media in die aanstelling.

"Die staande komitee wag eagerly op die besware en insette van die publiek, wat die komitee sal help met die saamstel van die kortlys van die bes moontlike kandidate."

Besware teen enige een van die kandidate moet voor of op Woensdag 23 Oktober ingedien word

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters