Gister
Kom seil vi’ kinderheil
VET PRET: Matt Bromley saam met die kinders by die skuit.  ~ John Hishin @ Drumbeat

BAIE kinders was nog nooit op ’n seilboot nie.

Maar hierdie week het 20 kinders danksy die 9Miles­ Project in die getypoel in Strandfontein met een kennis gemaak.

Die projek werk met kinders van die Kaapse Vlakte wat in gevaar leef. Verskeie programme word vir hulle aangebied, onder meer surf-terapie.

Die surfer Matt Bromley het die kinders Maandag in Strandfontein bygestaan. Hy het hulle op ’n dinghie uitgevat.

Liefde

Bromley is ’n ambassadeur van die projek en ’n vriend van The Little Optimist Trust. Dié nie-regeringsorganisasie reël die event as deel van sy Little Optimist Global Challenge.

Bromley en Greg Bertish, stigter van The Little Optimist Trust, het die kinders touwys gemaak en hul liefde vir die see gedeel.

Bertish sê die doel was om die kinders te laat voel hulle is iets werd en om hulle in die opwinding en kameraderie te laat deel. “Die groot glimlagge maak alles die moeite werd.”

Van 9 tot 18 Oktober help Bromley en die kinders van die 9Miles Project om met die seilboot geld vir liefdadigheid in te samel. Enige een van enige ouderdom kan inskryf, solank hulle kan seil. Elke boot wat ingeskryf word, sal help om geld in te samel.

Mense wat nóg info wil hê, kan na die site thelittleoptimistglobalchallenge.org gaan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters