27 dae gelede
Koeël tref kid in pikdonker
Vermoor: Bendes het Caylen Cupido Saterdagaand doodgeskiet.FOTO’S VERSKAF  ~ 

KRAAIFONTEIN is in rou gedompel nadat bendes ’n sesjarige meisie doodgeskiet het.

Gaylin Cupido is dood nadat sy in die bendes se kruisvuur beland het toe sy en haar ma, Regina (41), en twee ander mense op pad was na ’n familielid se huis.

Die voorval het Saterdag omstreeks 19:25 in Rusti­canastraat in Scottsdene gebeur.

Regina se beste vriend, Esmeralda Witbooi, het gister aan Son gesê dit was loadshedding en pikdonker toe die bendes begin skiet het.

“Dis nou genoeg. Die ma is nie nou in ’n toestand om te praat nie,” het Witbooi gesê.

Volgens ’n gemeenskaps­leier, Shaneal Nathan, is die satelliet-polisiestasie in die area nie effektief genoeg om die bendegeweld te stop nie.

Inwoners het sedert Saterdagaand hul meegevoel in die sosiale media uitgespreek.

’n Polisiewoordvoerder, kapt. FC van Wyk, sê geen arrestasies is nog gedoen nie.

  • Intussen is ’n soektog steeds aan die gang na ’n vermiste 12-jarige gr. 6-meisie van die Laerskool Eastville in Mitchells Plain.

Lunamandla Sithonga van Tolani-straat, Khayelitsha, is Donderdag omstreeks 08:45 laas gesien toe die driver haar by die skool afgelaai het, sê Van Wyk.

Hy sê: “Toe die bestuurder die middag by die skool opdaag om haar op te tel, was die kind nie by die skool nie.”

Volgens die Western Cape Missing Persons Forum (WCMPF) het die kind nie Donderdag by haar klas opgedaag nie.

“ ’n Soektog wat uit lede van die Mitchells Plain-polisie, WCMPF en Mitchells Plain Crisis Forum (MPCF) bestaan, is besig om na Lunamandla te soek.”

Enige een met inligting kan die polisie se Stop Misdaad-sentrum by 08600 10111 bel of die WCMPF by 071 639 8344 bel of whatsapp.

  • Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, lt.genl. Yolisa Matakata, se woordvoerder, brig. Novela Potelwa, sê nog twee jong mans (albei 19) is in verband met die moorde op vyf jong mans laas maand in Philippi-Oos gearresteer.

Skietvoorval

Volgens Potelwa het speurders inligting opgevolg en die twee by ’n shack in die Enkanini-plakkerskamp in Khayelitsha gearresteer.

Dis ná ’n skietvoorval op 30 Junie in Block 4 in Philippi-Oos.

  • Vyf suspects is Saterdag in Athlone gearresteer in verband met ’n rooftog vroeër die dag by ’n besigheid in Observatory.

Volgens Van Wyk het hulle ’n VW Jetta gery wat laas week ook by ’n rooftog in Claremont betrokke was.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters