7 dae gelede
Kloontjie kry toe sy loontjie
INNIE MANG: ’n Man wat na bewering ’n posh hotel met ’n gekloonde bankkaart ’n kop wou aansit, is vasgetrek.  ~ Foto ter illustrasie: Son

’N NIGERIËR het Woensdag in die Kaapstad-landdroshof op aanklag van die kloning van bankkaarte en bedrog verskyn.

Die Valke se handelsmisdaadeenheid het Oladimeji Emmanuel John Ayodeii (39) in hegtenis geneem.

Zinzi Hani, ’n woordvoerder van die Valke, sê die ­verdagte het op 4 April by die Southern Sun Hotel in Kaapstad ingeboek en na bewering met ’n gekloonde bankkaart daarvoor betaal.

Sy sê die Valke is deur die bestuur van die hotel ontbied en het toe die ­verdagte daar gevind.

Dit was nadat Nedbank se kaart-afdeling se ondersoekers die hotel in kennis gestel het dat daar ’n ­verdagte transaksie was.

Ayodeii is by die hotel in hegtenis ­geneem.

Die saak teen hom is tot 12 April uitgestel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters