Verlede maand
Kleuters los bos ná man glo lol
ONDERSOEK: Die polisie kyk tans na ’n saak van ’n man wat na bewering met twee kinders gelol het.  ~ Foto ter illustrasie

’N MAN (24) van Bonteheuwel wat na bewering aan ’n geestesversteuring ly, is in die sop.

Hy het na bewering twee minderjariges in Bonteheuwel verkrag.

Hy is toegekap nadat die kinders (5 en 6) by hul ouers bos gelos het.

Dit het glo in Candlewood­straat gebeur.

Hulle is na die Vanguard-hospitaal geneem om vas te stel of hulle seksueel gemolesteer is.

Die verdagte het na verneem word ’n geestesversteuring. Hy ontken hy’t die kinders verkrag.

Hy beweer hy het hulle net betas nadat hulle hom vir geld gevra het.

Angus McKenzie, raadslid van Bonteheuwel, sê: “Ek was baie ontsteld toe ek die nuus hoor. Dié soort gedrag kan nie geduld word nie. Armoede kan ook nie as verskoning vir sulke gedrag gebruik word nie.

“Kinders moet nie sonder toesig gelaat word om in die strate rond te loop nie.

“Ouers moet meer betrokke by hul kinders wees om hul veiligheid te verseker.

“Enige een wat seksdade met kinders pleeg, moet sonder borgtog opgesluit word.”

Hy sê dis tyd dat die howe strawwer vonnisse oplê om sulke gedrag te ontmoedig.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, bevestig die voorval en sê: “Die verdagte het na verneem word ’n vyf­jarige betas. Die polisie het die man vir ondervraging ingebring.

Gemeenskap

“Die slagoffer is na ’n dokter geneem vir ’n ondersoek om te kyk of sy seksueel gemolesteer is. Dis nog te vroeg om te bespiegel. Ons wag op die uitslae van die mediese ondersoek.”

Die gemeenskap sê hy het ook met die sesjarige gelol.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters