Verlede maand
Kleinkind kry lem in sy kop
hoekom? Charlotte Brinkhuis sê sy het haar kleinseun gewaarsku. Foto: Jonathan Lestrade  ~ 

’N OUMA van Tafelsig moes haar grootste vrees face toe haar 15-jarige kleinseun gelem is.

Charlotte Brinkhuis (67) se kleinseun Darren Brinkhuis is Maandagaand omstreeks sesuur in Tafelsig gesteek.

Hulle weet nou nog nie hoekom nie.

Volgens Charlotte het sy Darren al baie gewaarsku om nie met ’n sekere groep kinders by die skool te meng nie.

Bendes

“Hy loop nie buite die skool saam met die kinders nie.”

Die ouma verstaan nie hoekom Darren gesteek is nie. Volgens haar is hy nie by bendes betrokke nie.

“Darren is ’n goeie kind in die huis. Hy het ook nie te veel vriende buite nie, maar die kinders by sy skool, weet ek, is nie so goed nie.”

Volgens ouma Brinkhuis het selfs Darren se onder­wyser hom as ’n stil kind beskryf.

Darren is in sy kop gesteek en na bewering met ’n baksteen gegooi. Hy is in die hospitaal.

Iemand van die area sê sulke goed gebeur in hulle gemeenskap omdat gangs wil hê hulle kinders moet die gangs join.

“Kinders soos Darren wil nie, dan moet hulle deur dié goed gaan.”

Jessica Shelver, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van onderwys, het gesê die voorval het nie op die skoolgrond gebeur nie. Volgens haar het die prinsipaal aangedui Darren en die ander kind is in dieselfde klas.

Shelver het gesê die prinsipaal het gevra dat die polisie die gebied om die skool moet patrolleer.

  • In nog ’n geval is ’n 40-jarige vrou vir die moord op haar man gearresteer.

Volgens kapt. FC van Wyk, ’n woordvoerder van die polisie, het die voorval Sondagaand omstreeks sesuur in Westridge, Mitchells Plain, gebeur.

Vreedsame

Volgens die polisieverslag het ’n fight tussen die twee uitgebreek. Die vrou het toe haar man doodgelem.

Volgens bure het die man en vrou onlangs na die area getrek. Hulle beskryf hulle as ’n nice couple en sê die oorledene was ’n vreedsame mens.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters