10 dae gelede
Klein Chloe byt vas ná skietery
STERK AAN: Klein Chloe van der Westhuizen.  ~ Foto Verskaf

DIE kleutermeisie van Hanover Park wat verlede week deur ’n dwaalkoeël getref is, is steeds in die hospitaal.

Chloe van der Westhuizen (4) is skrams in die kop en arm gewond en het haar linkeroog as gevolg daarvan verloor.

Volgens haar ma, Jaid van der Westhuizen (20), sterk Chloe nog in die hospitaal aan. Sy voeg by die dokters kon nog nie die koeël uit haar kop verwyder nie.

Van der Westhuizen sê: “Die dokters moes ’n noodoperasie doen en haar een oog verwyder. Die koeël sit nog in haar kop, maar hulle kan dit nie verwyder nie. “Ons weet nie wanneer sy ontslaan gaan word nie.

“Sy is baie beter. Ek is net bly my kind lewe nog.”

Die cops het kort ná die skietvoorval ’n verdagte gearresteer. Hy het verlede week in die Athlone landdroshof op aanklag van poging tot moord verskyn.

Hulle het ook die vuurwapen opgespoor wat in die skietvoorval by Algoa Court gebruik is.

In die skietvoorval is vier ander mense ook gewond, onder wie die man wat na verneem word die target was.

Chloe het met haar maatjies gespeel toe die dwaalkoeël haar getref het.

Die voorval het plaasgevind net ’n dag nadat verskeie organisasies na die Philippi-polisiestasie ge-march het oor die voortslepende skietery in die area wat reeds verskeie mense se lewe gekos en ander gewond is.

Drasties

Kashiefa Mohammed, gemeenskapsleier en lid van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum, het haar sterk uitgespreek oor die skietvoorval en ’n beroep op die cops gedoen om iets drasties aan die bendeskietery te doen wat al soveel lewens geëis het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters