2 maande gelede
Klag van diefstal teen EFF-LP teruggetrek
Nazier Paulsen, EFF-LP  ~ 

'N KLAG van diefstal teen die EFF-LP Nazier Paulsen is Donderdagmiddag in die Kaapstadse landdroshof teruggetrek.

Dit kom ná Landdros Reaz Khan geweier het om die staat 'n uitstel toe te staan sodat die direkteur van openbare vervolging 'n besluit kon maak.

Die hof het die staat laas maand gewaarsku dat die klag van die rol geskrap gaan word as die uitstelle nie uitgesorteer gaan word nie.

Adiel Jansen, die staataanklaer, het toe die klag teruggetrek ná hy met ander senior amptenare gekonsulteer het.

Paulsen het tussen 2014 en 2015 by die Wes-Kaapse wetgewer gewerk voordat hy parlement toe is.

Toe hy klaar maak het hy glo nie 'n laptop teruggegee nie omdat hy gereis het en persoonlike inligting wou afhaal.

Paulsen sê hy het die laptop teruggegee, maar is steeds van diefstal aangekla.

"Ek is obviously baie verlig omdat dit baie van my tyd in beslag geneem het. Ek het nog altyd in my onskuld geglo," het hy buite die hof gesê. - News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters