10 dae gelede
Klag op pad oor k-woord
rassisme: Die wit man het Jesse Mfolozi (nie op die foto nie) die k-woord toegesnou op Kersdag in Edgemead.FOTO verskaf  ~ 

SOSIALE media het gister byna ontplof ná ’n voorval van rassisme waarin ’n wit man ’n swart vrou die k-woord toegesnou het.

Facebook het behoorlik daaroor gegons.

Zanele Bukani van Edgemead het die video op haar muur gedeel wat wys hoe ’n woedende wit man haar niggie, Jesse Mfolozi, konfronteer.

Die voorval het glo op Kersdag plaasgevind nadat Mfolozi se kinders en die onbekende wit man se laaities by die speelparkie in dié gebied in ’n fight betrokke geraak het.

Die man se laaities het by hul pa gaan piemp en die wit man het uitgekom en die swart kinders by die parkie begin uitskel.

Mfolozi het toevallig uitgekom en haar kinders verdedig. Haar ingryping het tot die konfrontasie gelei wat opgeneem is.

Die video, wat op ’n selfoon record is, wys hoe die man Mfolozi uitvloek met die p-woord.

Waarop sy reageer: “Waarvoor wag jy? Ek sal staan waar ek wil staan. Jy kan my niks sê nie.”

Die man sê toe: “Jy’s ’n k*ff*r! Weet jy dit?”

Son verneem Mfolozi is in die proses om ’n saak by die polisie te maak oor die onsmaaklike voorval.

Die Wes-Kaapse EFF-voorsitter, Bernard Joseph, het die voorval ten sterkste veroordeel.

Joseph sê: “Ons is in kontak met die familie en sal hulle help om ’n saak by die polisie aan te meld.

“Ons sal ook verder bystand gee om dié aangeleentheid voor die gelykheidshof te bring.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters