14 dae gelede
Kinders uit weeshuis gehaal weens mishandeling
Ag, my kind! Die ma is aangekla oor sy haar kind teen ’n boelie beskerm het. foto ter illustrasie  ~ 

Die departement van maatskaplike ontwikkeling het 17 kinders by sorgsentrum uitgehaal.

In ‘n verklaring sê die departement die voorval by die Al Noor-sentrum in Woodstock volg ‘n ondersoek na ‘n aantal ernstige klagtes van fisiese en seksuele mishandeling.

“Die kinders is by ander kind en jeugsorgsentrum geplaas. Hulle ontvang ook die nodige maatskaplike ondersteuning.”

Esther Lewis, ‘n woordvoerder vir die departement, voeg by: “Kriminele aanklagte is ook by die polisie teen die vermeende oortreders gemaak.”

Hangende die uitkoms van ‘n ondersoek is die departement ook in die proses om die sentrum se registrasie op te skort.

 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters