8 dae gelede
Kinders ly ergste in Wes-Kaap
 ~ 

KIDS van die Wes-Kaap is die onveiligste in die hele land.

Die skokkende misdaadsyfers wat gister bekend gemaak is, wys dat díé weerlose bloedjies in ons provinsie se lewe nie gewaarborg is nie.

Oor die periode 2017-’18 is altesaam 279 kinders hier vermoor.

Uit dié getal is 219 seuns en 60 meisies vermoor.

’n Woordvoerder vir die kinderregte-organisasie Molo Songololo, Patric Solomons­, sê daar is verskeie redes waarom seuns die kwesbaarste is.

Dit blyk of die laities die kanonvoer van gangs word.

Hy sê: “Dis skokkende statistiek. Geweldsmisdaad in die Wes-Kaap het oor die algemeen toegeneem.

“Die seuns sterf in bendeverwante skietvoorvalle of val as dwaal­koeëls hulle tref.”

Faktor

Solomons sê: “Navorsing wat ons gedoen het, bewys dat baie tienerlaities die laaste tyd bendes ge-join het.”

Volgens hom is daar ook baie gevalle waar kinders ander kinders vermoor.

Nog ’n bydraende faktor, meen Solomons, is dat ouers­ meer geneig is om hulle dogters te beskerm.

“Die politicians faal ons nog altyd.

“Ek het nog geen betekenisvolle ingryping van regeringskant oor dié kwessie gesien nie.”

Volgens Solomons word baie moord- en verkragtingsake nie vervolg nie en dit stuur die verkeerde boodskap uit.

Hy meen dit wys vir kwaaddoeners dat hulle daarmee kan wegkom, want daar is geen gevolge nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters