17 dae gelede
Kind vertel haar swaer rape haar
 ~ 

DIE stof het skaars gaan lê in Mitchells Plain in die Kaap nadat ’n 13-jarige meisie na bewering deur haar oom verkrag is, toe kom dit uit dat nóg ’n jong meisie verkrag is.

Die meisie (16) van East­ridge het Maandag nog saam met haar stiefpa, ’n bekende gemeenskapsleier en aktivis, voor die Mitchells Plain-landdroshof betoog oor eersgenoemde verkragting.

Die 13-jarige is na bewering oor ’n tydperk van drie jaar deur haar oom verkrag.

Maandagaand by die huis het alles net te veel geraak vir die meisie en sy’t geknak.

Die stiefpa het aan Son vertel hulle het toe uitgevind die tienermeisie se swaer verkrag haar reeds van laas jaar af.

Volgens die stiefpa het hulle sommer Maandagaand ’n saak gaan maak nadat die meisie alles uitgepak het.

Stilgebly

Die stiefpa vertel: “Die verdagte het Maandagaand weggehardloop. Hy het sy huis leeggemaak. Hy het sy vrou en kinders gevat en hom uit die voete gemaak.”

Volgens die stiefpa is die meisiekind ongelooflik getraumatiseer nadat sy so lank stilgebly het.

Hieroor sê die stiefpa: “Die ander slagoffer se storie het haar courage gegee.

“So ’n tipe oortreder sal mos altyd sy slagoffers dreig en sê hulle moet stilbly. Dis wat hy met haar gedoen het.

“Nadat ons by die hof gaan protest het, het sy gebreek en als aan haar ma vertel.”

Die stiefpa sê dis moeilik vir sy dogter om als te verwerk omdat sy nou verklarings aan die polisie moet gee en die trauma oor en oor herleef.

Die meisie is besig met berading, sê die stiefpa.

Venetia Orgill, een van Mitchells Plain se aktiviste, sê sy is geruk oor die hóéveelste verkragting in die laaste paar maande hier. Sy sê dis ook skokkend dat vroue- en kindermoorde so geil raak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters